Suid-Afrika se boekemark vir Afrikaanse boeke is klein en dit jaag produksiekoste per boek op. Groot gevestigde uitgewers is daarom baie kieskeurig oor watter boeke hulle vir publikasie aanvaar. Self-publikasie maak dus sin veral vir mense wat sukkel om hul manuskripte deur die gevestigde uitgewers aanvaar te kry. Dit is waar De Novo Boeke in die prentjie kom. Ons sal jou help om, teen die mees bekostigbare prys , jou manuskrip self te publiseer.